Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Volmaanpiekniek op Paarlberg

Volmaanpiekniek op Paarlberg
 
2010-03-25


PIEKNIEKLIEFHEBBERS moenie die gewilde maandelikse volmaanpiekniek by die Taalmonument op Paarlberg Saterdagaand 27 Maart misloop nie.

Dié pieknieks het in die afgelope somerseisoen reeds meer as 2 000 piekniekgangers gelok.

Maanopkoms is om 17:00 en sonsondergang om 18:48. Volmaan is eers Dinsdag, maar die maan sal Saterdag reeds 92,8% vol wees.

Die monument sal tot 22:00 oop wees en die ligte word vir die aand afgeskakel. Toegang word beheer en veilige parkering is beskikbaar.

Toegang is R12 (R5 vir studente en R2 vir kinders) en besoekers hoef nie vooraf te bespreek nie. Geen honde of vure word toegelaat nie en dit is ’n goeie idee om ’n flitslig en warm klere saam te bring.

Besoekers mag hulle eie piekniekmandjies saambring of kan ’n mandjie by Volksmond Koffiewinkel bespreek (021-863-2800). Vir navrae, skakel 021-872-3441 of by 076-017-6026. Die monument is gedurende die somer daagliks oop tot 20:00. Die laaste volmaanpiekniek van die seisoen is op Saterdag 30 April.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za