Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


SA-span staan man in węreldkampioenskappe

SA-span staan man in węreldkampioenskappe
 
2010-03-25


DIE Valley Gun Club in Agter-Paarl het die afgelope naweek die negende Węreld DTL Skietkampioenskappe met groot sukses aangebied.

Met ongeveer 11 lande en 320 deelnemers, is dit die eerste keer dat Suid-Afrika dié kampioenskap aanbied (dit word elke tweede jaar aangebied en roteer tussen die suidelike en die noordelike halfrond).

Hoewel Engeland uiteindelik as die algehele kampioenspan geheers het, het die Suid-Afrikaanse span, bestaande uit die Paarliet Gideon Malherbe, Tobie en Jaco de Wet, Dave Cohen en Christo Strijdom, goeie vertonings gelewer.

Malherbe Tobie en Jaco is aldrie lede van Valley Gun Club.

Uit 320 deelnemers, het Tobie de Wet uitstekend gevaar om uiteindelik 5de algeheel te eindig. Tobie is ’n oud-student van CPUT Wellington kampus.

Malherbe het ook uitstekend gevaar om in die finale top 10% te eindig, met die gevolg dat ’n verdere 50 skote geskiet moes word voor die wenner bepaal kon word.

Darren Nicholls van Australië is uiteindelik aangewys as die algehele wenner.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za