Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lize op die planke

Lize op die planke
 
2010-03-25


DIE bekende sangeres Lize Beekman is op Vrydag 26 Maart om 20:00 op die planke by die Ou Meul-teater in die Paarl.

Lize se musiek en liriek het die afgelope paar jaar vlerke gekry en tuiste gevind in die harte van menige musiekliefhebbers.

’n Sonneblom uit Bethlehem, Suidland Gebed en Ek het ’n Boer Sien Dans is almal liedjies uit die pen van hierdie begaafde liedjieskrywer. Haar vertoning by die Ou Meul-teater sal treffers van vorige albums insluit, ook hoogtepunte van haar jongste CD “Sit ’n Bietjie Langs My”.

Die gehoor kan ook regskuif om enkele nuwe liedjies uit haar pen te hoor.

Kaartjies is R80 en moet vroegtydig by Vicky Stemmet bespreek word by 083-564-0056 of by vstemmet@gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za