Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Liefde wat in allenheid geskep word

Liefde wat in allenheid geskep word
 
2010-03-25


MAANMOND, ’n produksie geskep deur Franco Prinsloo, skop eersdaags sy nasionale toer af en is op 30 Maart te sien by die Breytenbach-sentrum in Wellington.

Die geselskap bestaan uit Franco Prinsloo en Netanja Brink wat as musikante optree, en Natie Klopper en Su-an Müller wat as die akteurspaar die verhoog betree.

Dit is ’n produksie met die verganklikheid van die lewe en die strewe na liefde as ’n tema. Hierdie word alles saamgevat in ’n nuwe en vars benadering tot die Afrikaanse teater.

Volgens Prinsloo is Maanmond ’n metaforiese voorstelling van liefde wat in alleenheid geskep word. Die poësie word ware, geloofwaardige karakters in die produksie.

In 2009 het die produksie ’n uitverkoopte speelvak in Potchefstroom gehad, en daarna gehore verras in die Pierneef-teater in Pretoria.

Vir navrae, kontak Adri Breed by 082-569-7724 of stuur ’n epos na Maanmond@gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za