Paarl-Oos reken af met Young Peoples
2010-03-25
IN ’n Pro20-kragmeting wat Saterdag op die Daljosafat-velde plaasgevind het, het GMT Paarl-Oos se eerste krieketspan ’n oortuigende sege oor Young Peoples behaal. Peoples het eerste gekolf en 108/9 behaal, na sake vroeg in dié wedstryd nie te goed gelyk het vir die tuisspan nie. Ná 2 boulbeurte het die Tiere slegs 2 lopies gehad vir die verlies van 4 paaltjies. ’n Puik vennootskap van 81 lopies deur die Tiere se Wade October (35) en Brendan Gabriels (44) het sake egter beter laat lyk. Paarl-Oos het egter te hard gewerk om dié wedstryd prys te gee, en met Morné de Vries (55*, 6x4) aan die spits, kon hulle 109/4 aanteken vir ’n gemaklike sege. Paarl-Oos se Dale Watts (3/19) en Tiaan Cloete (3/3) het goeie boulwerk gelewer. Paarl-Oos II (152/2) het ’n 8-paaltjie oorwinning behaal teen hul eweknie van Young Peoples (148/5). Paarl-Oos se beste kolwers was Garth Lewis (42*, 3x4 en 2x6) en Jermaine Diedloff (46*, 3x4 en 3x6). Wayne Jantjies (3/24) was Paarl-Oos se beste bouler. Maandag het Paarl-Oos III (106/6) met 4 paaltjies gewen teen Paarl IV (100/9). Paarl-Oos se beste kolwer was Leroy Goliath (32; 3x4 en 1x6) en Curtley Davids (4/20).
More
News
|