Bespreek vir Liggiesfees
2005-09-15
DIE reëlings vir die jaarlikse Liggiesfees wat van 1 tot 4 Desember in die Paarl aangebied word, is reeds in volle gang.
Stalletjiebesprekings is tot 15 September oop slegs vir mense uit die Drakenstein munisipale gebied, daarna is enigeen welkom om te bespreek. Besprekings kan gedoen word by Paarl Inligtingskantoor op die hoek van Hoof- en Auretstraat (tel 872-3829).
Plaaslike sangers en dansers word genooi om die organiseerders te skakel. Kontak Michelle Pietersen by 073-487-1152 of Paarl Inligting (872-3829) tussen 12 September en 12 Oktober.
More
News
|