Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses United seëvier oortuigend

Roses United seëvier oortuigend
 
2010-03-25


SATERDAG, in hul eerste proesel Boland Premierliga-rugby van die 2010-seisoen, het Roses United ’n oortuigende 38-6 oorwinning behaal oor Abbottsdale op Pelikaanpark in Wellington.

Die Rose, wat deurgaans in beheer van dié wedstryd was, het veral voorlangs gedomineer. In dié afdeling van die spel het Hyco Jacobs ’n barshou gespeel.

Jacobs was goud werd vir Roses in die lynstane en het talle kere omgekeerde besit vir sy span verseker.

Agterlangs het Cornel Hendricks vir die tuisspan uitgeblink. Sy briljante spel is oo beloon met twee pragdrieë.

Die Rose se ander drieë is gedruk deur Shane Jacobs, Alvin Hugo, Denvor Fortuin en Brandon April. Ryan Jordaan was suksesvol met vier doelskoppe.

Roses pak eerskomende naweek vir Ceres op laasgenoemde se tuisveld.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za