Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pret met 'arida' by die Ou Meul

Pret met 'arida' by die Ou Meul
 
2010-03-25


Die sanggroep arida (Amanda, Rita en Adel) tree op Saterdag 27 Maart om 20:00 in die Ou Meul-teater op.

Die drietal het in Desember 2008 saam vir die pret by ’n restaurant opgetree, en net daar is arida gebore.

Hulle het eers in restaurante, pre-shows, en baie troues opgetree, maar deesdae tree hulle ook by verskeie feeste en welwillendheidsvertonings op.

Die drie beplan ook om hul eerste CD einde 2010 vry te stel.

Rita (smokey, jazz), Amanda (sagte rock, alternatiewe rock, Afrikaans) en Adel (country) gaan sorg vir heerlike musiek.

Kaartjies is R60 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of by vstemmet@gmail.com.

Die aridavertoning dien ook as ’n fondsinsameling vir die Ou Meul-teater, daar sal dié aand verskeie gelukkige trekkings ook wees.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za