Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers steun op skrumkrag

Kavaliers steun op skrumkrag
 
2010-03-25

Jaco van Wyk

’n KOP-AAN-KOP-BOTSING met ’n begeesterde Boland-skrum het Vrydag die Argentynse Pampas op Wellington ingewag.

Dié afdeling van die Boland Kavaliers se spel was die wegspringblok vir wat uiteindelik ’n stewige vertoning was deur die tuisspan op die Boland-stadion. Die Kavaliers het 26-13 geseëvier.

Die Pampas, ’n Argentynse-span wat vanjaar meeding in die Vodacombeker-kompetisie, het aanvanklik goeie teenstand gebied met hul groot voorspelers wat probeer sagmaak het voorlangs.

Die Kavaliers was egter meer as opgewasse vir dié aanslag en het vuur met vuur beveg om uiteindelik die botoon voorlangs te voer.

Buiten Boland se effektiewe voorspeler-vertonings die laaste ruk, asook ’n meer-doelgerigte (duidelik goed-afgerigte) benadering agterlangs, is die verblydendste aspek van die Kavaliers se spel die gees wat duidelik heers onder die huidige groep spelers.

Die manne speel vir mekaar en hul selfvertroue verdubbel weekliks.

In rugby is selfvertroue, samespel en skrumkrag ’n gevaarlike kombinasie om as aanvalswapens in jou arsenaal te hê. Dit het die Kavaliers bewys met ’n amperse oorstootdrie in die tweede helfte, met brute krag en geduld wat tot die eindresultaat gelei het.

Die Kavaliers het etlike meters veld met ’n skrum gewen, maar kort voor die doellyn was hul momentum net-net gestuit.

Die voorspelers het egter hul werk gedoen en toe die bal uiteindelik uitspat, kon die belowende plaasvervanger agterspeler, Willie le Roux, die bal opraap en ’n gaping aanval om ’n drie agter sy naam te voeg.

Laastens gaan selfvertroue en verdediging ook hand-aand-hand en dit is ’n afdeling van die Kavaliers se spel waarop hulle tans trots kan wees.

Met altesaam vier drieë in dié wedstryd, gedruk deur Hyron Thyse, Franzil September, Le Roux en Jeremy Plaatjies, is nóg ’n bonuspunt in die sakkie vir die Kavaliers.

Môre meet die Boland Kavaliers kragte met die Haaie te Pietermaritzburg.

Die Boland-span bestaan uit:
1. Janru van Niekerk; 2. Ashton Constant; 3. Raoul Larson; 4. Johan Peacock; 5. Hottie Louw (k); 6. Franzil September; 7. Hilton Lobberts; 8. Zandre Jordaan; 9. Niel Papier; 10. Willie le Roux; 11. Jeremy Plaatjies; 12. Lional Cornelius; 13. PJ Vermeulen (o/k); 14. Cornal Hendricks; 15. Dandré Gerber; 16. Clement Lewis; 17. Jean Roussouw; 18. Grant le Roux; 19. Nicolai Blignaut/Angelo Brinkhuis; 20. Jaquin Jansen; 21. Dean Grant; 22. Dewey Swartbooi.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za