Gee artikels vir veiling
2005-09-15
DIE Drakenstein Sentrum vir Persone met Gestremdhede in die Paarl is ’n geregistreerde welsyns-organisasie wat dienste lewer aan volwasse mense met gestremdhede in die Drakenstein munisipale gebied.
Hulle volgende projek is die hou van ’n algemene veiling aan die begin van November. Om ’n sukses hiervan te maak, is hulle aangewese op die ondersteuning van die publiek.
Deur daardie onbenutte artikel(s) wat u in u huis/onderneming of kantoor het, óf aan die sentrum te skenk, óf ’n artikel met ’n reserweprys daarop aan die Sentrum beskikbaar te stel, kan hierdie projek nog ’n suksesverhaal vir die sentrum wees.
Kontak Susan Muller, die projekorganiseerder, by tel 072-934-2875, of die sentrum by tel 863-0446/7, faks 863-0450 of e-pos aan drakcentre@telkomsa.net.
More
News
|