Rugby-flitse
2010-04-01
ALBIONS PAK PORTERVILLE
Albions Rugbyklub pak Saterdag vir Porterville op laasgenoemde se tuisveld. Die bus vertrek 06:00 vanaf die ou Paarl-Oos polisiestasie (R50 p/p). Kontak 084-924-3020 of 084-908-2975.
HILLCREST SEËVIER
Hillcrest United het die afgelope naweek vir Vredenburg oortuigend met 44-13 geklop. Drieë is gedruk deur Andre Andrews (twee), Delwayne Baron, Shelton Benn, Gerswin van Rooyen, Jerome Coetzee en Ricardo Festus. Garth Abrahams het drie doelskoppe aangeteken en Conroy Gertse een strafskop.
VILLAGERS KLOP EVERGREENS
Villagers Newton het Saterdag op hul tuisveld met 17-3 afgereken met Evergreens van Stellenbosch. Heinie January, Devan Louw en Sean Paulse was die driedrukkers, met Joswin Juries wat een doelskop bygevoeg het. Villagers B het 13-8 gewen. Villagers speel Saterdag weg teen Piketberg. Vervoer vertrek 10:00 teen R50 p/p.
VIOLETS MAAK WEER SO
Violets Rugbyklub het Saterdag hul goeie vorm voortgesit teen Titans, deur die manne van Grassypark met 15-7 te klop in ’n vriendskaplike rugbywedstryd. T Uren en R Uren het voorlangs goed vertoon. Die afrigter versoek alle spelers om Dinsdae en Donderdae te Paulus Joubert Sekondêr te oefen.<
YOUNG STARS TRAP KLEI
Young Stars Rugbyklub van Wellington het die naweek met 20-7 vasgeval teen Dennegeur in ’n Boland Rugby-unie wedstryd. Stars se driedrukkers was Wayne Davids, Christopher Johannes en Quewan Hendricks. Christo Fransman het ’n doelskop behaal. Young Stars B het 3-0 gewen. Die Saterdag speel Stars teen Soetendal op die OKB velde in ’n uitklop-kompetisie.
More
News
|