Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hayashi-ha druk stempel af

Hayashi-ha druk stempel af
 
2010-04-01


HAYASHI-HA KARATE het weereens hul stempel in die Karate-arena afgedruk, toe 15 karatekas van dié Paarlse klub verlede week na Bloemfontein gegaan het om teen die bestes in Suid-Afrika mee te ding tydens die Springbok proewe.

Hayashi-ha het puik vertoon, met altesaam twaalf karatekas wat uiteindelik die Springbok-oefengroep gehaal het.

In die o.15 unison kata het Cadin Lewis, Chadley Hendricks en Ayron Jonker goud verwerf.

In die kadet junior mans-afdeling het Brent Jonker, Chantley Wiese en Ayrrin Riffel silwer ingepalm.

John Solomon, Marcello Ross en Ettiene Marais het brons gewen in die senior mans-afdeling en in die senior vroue-afdeling het Sheila Panyeka, Robin Fortuin en Berrealle-Dean Hoffman goud gewen.

Stacy Paulse het brons verower in die kata en Chantley Wiese het silwer gewen in kumite.

Uit die Springbok-oefengroep sal sal die Springbokspan uiteindelik gekies word om op 14 Mei in Namibië deel te neem.

’n Boland Vroue-toernooi vind op 24 April plaas, waarna daar ’n span sal aangewys word om op 8 Mei in Johannesburg mee te ding.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za