Bartlett deel sy kennis
2010-04-01
LOUIS BARTLETT, ’n oud-leerder van Hoër Jongenskool, is onlangs aangestel as hulp-tennisafrigter by die Riaan Venter Tennis-akademie by Potchefstroom Universiteit. Terwyl Bartlett met ’n tennissportbeurs sy graad verwerf het in Sportwetenskap (cum laude) by Potch, het hy in daardie tydperk ook die SA Universiteite tennisgroep gehaal. Bartlett, wat Pukke se eerste tennispan sedert 2006 verteenwoordig, was die afgelope 2 jaar ook dié span se kaptein en nommer een speler. Sedert 2006 het Pukke ook puik vertoon in die universiteitetoernooi, met silwermedaljes in 2006 en 2007, gevolg deur goud in 2008 en brons in 2009. Bartlett het ook die laaste Universiteitetoernooi onoorwonne afgesluit - die enigste speler om as nommer een en twee speler nie ’n enkele wedstryd prys te gee nie. As gevolg van sy graad, dien Bartlett ook as fiksheids- en giminstrukteur by die Riaan Venter Tennis-akademie. Bartlett het verlede jaar ook ’n onderwysdiploma behaal.
More
News
|