Kavaliers delf onderspit
2010-04-01
DIE Boland Kavaliers het Vrydag vasgeval teen die Sharks-vyftiental in Pietermaritzburg, maar die 20-35 nederlaag vertel nie die volle verhaal nie. Beide spanne het twee drieë behaal, met Danré Gerber en Willie le Roux verantwoordelik vir die besoekers se vyfpunters. Terwyl die Sharks se Monty Dumond 25 punte met sy skopskoen bygevoeg het, het die Kavaliers se Gerber misluk met skoppe ter waarde van 15 punte. Voeg hierby nóg ’n drie deur Le Roux wat nie toegeken is nie, asook die feit dat die Kavaliers die laaste paar minute met 14 man moes klaarkom, kon die uitslag net sowel in die Wynboere se guns geswaai het. Die Kavaliers beklee tans die 4de posisie op die punteleer van die Vodacombeker-reeks se Suid-afdeling, met 3 uit 5 oorwinnings tot dusver dié seisoen.
More
News
|