Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vyf drieë vir Roses United-blits

Vyf drieë vir Roses United-blits
 
2010-04-01


ROSES UNITED het Saterdag vir Ceres oortuigend op hul tuisveld met 56-27 afgestof, om hul tweede sege in soveel wedstryde dié seisoen te verseker.

Die rustydtelling was 37-8 in die manne van Wellington se guns.

Hoewel goeie samespel deur die voor- en agterspelers die grondslag gelê het vir ’n puik sege, sal die Rose se ondersteuners eerder die dag onthou vir Alvin Hugo (speler van die wedstryd) se vyfkuns aan drieë.

Die Rose het uit die staanspoor aangeval en die Appelboere gou-gou op die agtervoet gehad.

Voorlangs was dit weer Hyco Jacobs (slot) wat beïndruk het met sy goeie lynstaan- en algemene spel.

Die Rose se kaptein en agsteman, Ignatius Korabie, het ook puik spel gelewer en baie van sy kraglopies het tot drieë vir die Rose gelei.

Die skakelpaar Percival Williams (skrumskakel) en Ryan Jordaan (losskakel) het ook goeie spel opgedis en verseker dat die agterlyn aanhoudend aanvalle kon loods.

Dit is duidelik dat Hugo sy weglating uit die Boland-span nie gelate aanvaar het nie en dat hy hard geskaaf het aan sy fiksheid en algemene spel.

Hugo lyk weer lus vir rugby en sy krag en spoed op die aanval gaan vanjaar nog van onskatbare waarde vir die Rose wees.

Die Rose se ander driedrukkers was Ryan Jordaan (2) en Brendan April. Williams was in die kol met vyf doelskoppe en ’n strafdoel en Jordaan was ook suksesvol met een strafdoel.

Die Rose se derdes en tweedes het ook hulle wedstryde onderskeidelik met 28-0 en 28-13 gewen.

Roses United het eerskomende naweek ’n loslootjie en pak op 10 April vir Wellington in wat beloof om ’n titaniese derby te wees.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za