Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bradwin maak skoonskip

Bradwin maak skoonskip
 
2010-04-01

Jaco van Wyk

DIE bobaas o.16-fietsryer van die Paarl, Bradwin Daniels, het tydens die afgelope naweek se Wes-Kaap Baanfietsry-kampioenskappe in alle afdelings van sy ouderdomsgroep koning gekraai.

Altesaam agt goue medaljes het uiteindelik dié WP fietsryer se nek versier, ná afloop van die byeenkoms wat in Bellville plaasgevind het.

Daniels, wat ry vir die All 4 Security Peco Fietsryklub in die Paarl, is slegs die tweede fietsryer in 20 jaar wat so kon oorheers in die o.16-afdeling.

In 2003 het nóg ’n Paarlse ryer, Reniel Mattyssen, ook skoonskip gemaak.

Bradwin skryf sy sukses toe aan harde oefening, selfdissipline “en die groot rol wat my pa in my afrigting speel.”

Bradwin se pa, Peter Daniels, is al ’n jarelange dienaar van Suid-Afrikaanse fietsry en was in die verlede ook ’n nasionale keurder.

“Wat die Wes-Kaap-kampioenskappe betref, was die kompetisie baie uitdagend,” sê Bradwin, “veral omdat dit oor drie dae gestrek het.”

“Dit was egter ’n lekker gevoel toe ek myself man-alleen in ’n bondelwedren bevind, omring deur ’n groep ryers, meestal van die York-shire-span,” sê Bradwin met ’n trotse glimlag.

“Tussen baan- en padfietsry kan ek nie kies nie,” sê Bradwin. “Ek geniet elke oomblik van albei.”

Volgende in Bradwin se visier is die Suid-Afrikaanse Baankampioenskappe wat einde September in die Bellville Velodrome plaasvind.

“Dit gaan nou regtig strawwe kompetisie wees, aangesien ek gaan meeding teen die beste ryers van Suid-Afrika.

“My voorbereiding gaan ook ekstra dissipline verg, aangesien ek tydens die wintermaande gaan moet oefen.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za