MIV/Vigs en versorging van kinders
2005-09-15
KINDERSORG SA se “Nasionale Program: MIV/Vigs en die versorging van Kinders - ’n Kind Gesentreerde Strategie” word tans dwarsoor Suid-Afrika geďmplementeer in 21 loodsprojekte met die finansiële ondersteuning van die United States Agency for International Development (US AID).
In die Wes-Kaap is drie areas geidentifiseer om die projek te toets, Wellington/Paarl, Hermanus en Plettenbergbaai. In elk van hierdie gebiede sal 30 vrywilligers gewerf en gekeur word om by die projek betrokke te raak.
Die eienskappe waarna gesoek word in die vrywilligers, sluit in: *Vriendelikheid, verantwoordelikheid, eerlikheid en het goeie onderskeidingsvermoë; * ’n Volwasse persoonlikheid; * Stel belang in kinders en gemeenskapswerk; * Is nederig, voel gelykwaardig, maar nie meerderwaardig teenoor ander nie; * Sal waarskynlik in die betrokke gemeenskap bly en nie wegtrek nie; * Word deur alle mense aanvaar en gerespekteer, met ’n goeie rekord van gemeenskapsdeelname; * Het die goedkeuring en volle ondersteuning van sy of haar gesin; * Kan verkieslik lees en skryf; * Is gretig om te leer en ontvanklik vir nuwe idees; * Is ’n goeie leier en organiseerder; * Het gesonde gewoontes (misbruik nie drank of dwelms nie); * Werk maklik met moeders en kinders; * Verstaan en respekteer ander mense se sienings, geloof en tradisies; * Identifiseer met en verdedig die belange van diegene met die grootste nood.
Die gekeurde vrywilligers sal gedurende Oktober en November opleiding ontvang waarvoor ’n sertifikaat toegeken sal word.
Van Januarie af sal die vrywilligers in die gemeenskap ontplooi word om hulp te verleen aan kwesbare kinders en hul gesinne.
Hul verantwoordelikhede sal onder meer insluit bekendstelling van die projek, identifisering van kwesbare kinders, ontwikkeling van sorgplanne, hulp met maatskaplike toelaes, krisishulp en bewusmakingsprogramme.
Mense in die Paarl (veral Paarl-Oos) of Wellington (veral Newtown en Noodkamp asook die Agter-Groenberg plase) kan verdere navraag doen en aansoekvorms bekom by Marianne Heyns (022) 736-2350, Gertruth Cloete (864-1337) of Benita Williams by 862-6182.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is Dinsdag 20 September.
More
News
|