DIE VGK Bergrivier bied tot 4 April hul jaarlikse Paasfeesdienste aan.
Op 1 April is ’n Nagmaaldiens (19:15) met verskeie predikers, 2 April is ’n kruisoptog van Mannies Supermark (08:00), met die Goeie Vrydagdiens om 09:00 met die tema Langs die Via Delarosa. Sondag 4 April is die opstandingdiens om 06:00 by die Champagne begraafplaas en die erediens om 09:00. Die middag word afgesluit met ’n musiekmiddag (15:00) en vier sanggroepe sal optree. Kontak ds Mac Kay by 021-873-5544 of Sean Fortuin by 073-890-9383.