Hokkietoernooi by Gim
2010-04-01
DIE Hoërskool Paarl Gimnasium o.16 hokkietoernooi word vanjaar vir die eerste keer aangebied, op Gim se skoolterrein, vanaf Maandag 5 April tot Vrydag 9 April. Spanne soos La Rochelle (A en B), DF Malan, Duineveld, Pearson High, Somerset College en Outeniqua gaan saam met Gim aan dié toernooi deelneem. Kontak Schalk de Wet by 083-373-0901 met navrae.
More
News
|