DIE jaarlikse Christusfees word met Paasnaweek op Wellington aangebied.
Op Goeie Vrydag word die Paasspel, From Manger to Cross, in die Wellington Stadsaal aangebied om 19:30 (’n kollekte sal opgeneem word).
Op Paassondag om 07:00 word ’n Opstandingsbiduur by die begraafplaas in Champagnestraat gehou (navrae ds J MacKay by 083-449-0808).
Om 18:00 sal gaskunstenaar Willie Joubert by Boland-stadion optree, waarna die fees afgesluit word met ’n Feesdiens om 19:00. Die prediker is dr Andries Cilliers (’n kollekte sal opgeneem word).
In geval van reën word die feesdiens by VGK Wellington gehou (navrae Lea Adams by 082-959-1869).