Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dapper meisie bly glimlag

Dapper meisie bly glimlag
 
2005-09-15


DIT gaan goed met my, veral geestelik en emosioneel. Dit is net die naarheid wat ’n bietjie pla.

Só sê Cemonay Solomons (17) van die Paarl, wat in die Constantiaberg Hospitaal behandel word vir kanker.

Cemonay, ’n leerder aan Noorder-Paarl Sekondêr, is in Januarie gediagnoseer met gevorderde T-sel limfoom.

Sy het goed reageer op die aanvanklike chemoterapie, maar het weer ’n terugslag beleef ná ’n kort remissie-tydperk.

Op die oomblik is sy tuis, ná intensiewe chemoterapie.
Indien die dokter tevrede is met die uitslag, sal sy volgende week teruggaan hospitaal toe vir nog chemoterapie.

“Ek bewonder haar so,” sê sus Irma van haar.

“Sy kla nooit. As jy vra, glimlag sy net en sê dit gaan goed.

"Dit is eintlik ons wie se emosies soos ’n ‘yo-yo’ op en af gaan.”

Haar ma, Edith, beaam dit: “Dit is swaar om haar so te sien. Soms kan ’n mens sien sy het pyn, maar sy kla nie.”

Cemonay verduidelik: “Ek het ook my af-dae, dan raak ek net stil en voel nie om met iemand te praat nie.

“Dan bid ek, soos my pa my geleer het, en ‘snap’ sommer gou daaruit.”

Haar motto is “what you measure, is what you get”.

“’n Mens moet groot dink en droom, dan kan jy verwag om dit te kry.

“Ek glo wat met my gebeur, gaan my net sterker maak,” voeg sy by.

Cemonay sê sy glo haar doel in die lewe is om jongmense na die Here te lei. “Só sal ek ’n verskil maak.”

Die Solomons gesin woon eintlik in Lüderitz, Namibië, waar pa Sammy by ’n vismaatskappy werk.

Sammy is oorspronklik van die Paarl en dit is ook hoekom hulle besluit het om die drie dogters, Charlotte, Irma en Cemonay, hiernatoe te stuur vir hul hoërskoolopleiding.

Charlotte is intussen terug Namibië toe, maar Irma werk op Wellington en Cemonay bly by haar.

Sedert verlede jaar het die teenspoed die gesin behoorlik gery.
Eers was Sammy en Edith in ’n ernstige motorongeluk, waarin Edith drie rugwerwels vergruis het.

In Desember is Sammy met prostaatkanker gediagnoseer en in Januarie het Cemonay siek geword.

“Dit was nogal op my verjaardag, 22 Januarie,” vertel Irma van die dag wat Cemonay se kliere so opgeswel het dat hulle met haar dokter toe is.

“Ek weet die Here beproef nie ’n mens bo jou vermoë nie, maar party dae het ek gewonder,” sê Edith.

Die gesin moes hul maatskappywoning in Lüderitz tydelik verruil vir ’n woonstel waar haar man en seun, Shane, woon as Sammy nie in die Kaap is vir bestraling nie.

Edith, Charlotte en haar twee kinders, woon nou tydelik in die Paarl om Cemonay by te staan.

Dit beteken ook dat Edith, omdat sy nie ’n Suid-Afrikaanse burger is nie, een keer per maand moet teruggaan Namibië toe.

“Ek dank die Here vir ’n skool soos Noorder-Paarl Sekondêr,” sê Edith.

“Ons is in ’n vreemde land, maar hulle het ons emosioneel en finansieel só bygestaan dat dit nie so voel nie.”

Sy het ook die Ravell- en Fredericks-gesinne uitgesonder vir die liefde en bystand.

Sodra die chemoterapie voltooi is, moet Cemonay ’n beenmurgoorplanting kry.

Hulle wag nou op die uitslag van die toetse om te bepaal of een van die gesinslede ’n geskikte skenker is.

Intussen knyp dit maar, want die gesin se mediese fonds is uitgeput.

Die skool het egter ingespring om geld in te samel om te help. Verskeie klasse beplan funksies vir dié doel.

Die hoof, Mirinthia Maasdorp, sê die skool kyk ook daarna om ’n trustfonds vir Cemonay op die been te bring. Mense wat wil help, kan haar skakel by 872-7016.

* A young cancer patient keeps smiling.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za