Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musieksentrum hou reünie

Musieksentrum hou reünie
 
2010-04-01


AS deel van hul 40ste verjaarsdagviering hou die Frank Pietersen Musieksentrum ’n reünie-naweek vanaf 20 tot 22 Augustus waar oud-onderwysers, oud-leerders en huidige leerders saam sal kuier en musiek sal maak. Dit sluit af met ’n feeskonsert die Sondag.

In 1970 het wyle Frank Pietersen saam met ’n paar toegewyde onderwysers die Paarl Skole Musieksentrum in die voormalige Athlone College-gebou begin deur blokfluitlesse aan te bied.

Min het hulle geweet dat die sentrum so sou groei dat daar vandag ’n jeugorkes, drie strykensembles, twee blaasorkeste en ’n koperblaas-ensemble is.

Frank Pietersen, wat ’n liefde vir koorsang gehad het, sou vandag ook bly wees oor die Koorakademie wat verlede jaar gestig is met ’n jeugkoor, ’n kinderkoor en ’n volwasse koor. As ’n mens hoor dat die Frank Pietersen Musieksentrum uitgebrei het selfs tot Afrika Perkussie en “Steelpan”, saam met al die ander ontwikkelinge dan kan ’n mens net met dankbaarheid na die afgelope 40 jaar terugkyk.

Op die Vrydagaand sal daar ’n dans in die stadsaal gehou word. Op die Saterdag sal oudleerders en huidige leerders saam oefen (orkes, blokfluit, koor) en dan sal daar ’n braai gehou word waar herinneringe gedeel kan word en saam gekuier kan word.

Sondagaand sal die naweek afgesluit word met ’n feeskonsert by die sentrum, waar die massakoor en orkes treffers uit die afgelope 40 jaar sal opvoer.

Belangstellendes kan die sentrum kontak by 021-872-2123/4 of principal@fpmusiccentre.org.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za