DIE bekende Kaapse kitaarspeler, Derek Gripper, lewer ’n uitvoering vir die Wellingtonse Musiekvereniging op Sondag 18 April om 17:00 in die Goodnowsaal.
Hy gaan populêre kitaarwerke asook van sy eie komposisies by die geleentheid speel.
Toegang is R60 (kinders halfprys en CPUT studente gratis).
Kaartjies is slegs by die deur beskikbaar.