JULLE ken reeds die naam, kom ontmoet nou die manne wat die land gaande het. Die à-capella sanggroep Flip a Coin sorg op Vrydag 9 April vir lekker vermaak by die Ou Meul-teater om 20:00.
Wat is dit wat hierdie groep so uiters kyk- en luisterbaar maak? Is dit die verwerkings van hulle à-capella liedjies? Hulle stemme?
Die danstegnieke, die unieke persoonlikhede, miskien hulle kwinkslae of is dit die wisselwerking van ’n handvol mooi manne wat (ten spyte van hulle ster status) steeds plat op die grond is?
Flip a Coin stel met dié vertoning hulle splinternuwe CD Rissikstraat 95 bekend en het besluit om hulle aanhangers te gee waarvoor hulle gevra het - meer oorspronklike liedjies.
Vyf van die sewe oorspronklike liedjies is geskryf deur Johan Venter.
Stefan Pretorius en Katlego Maboe is ook verantwoordelik vir die skryf van een van die liedjies.
Die CD bevat iets vir almal se musieksmaak en dit wissel van ou gunstelinge soos What a Wonderful World, oorspronklik deur Louis Armstrong gesing, Jannie du Toit se Liedjie vir jou, na ’n interessante en vars verwerking van Weeping wat onlangs ook deur Josh Groban gesing is.
Aanhangers kan uitsien na ’n nuwe opname van Flip a Coin se trefferliedjie, Jasmyn.
Getrou aan Flip a Coin styl is daar ook ’n verrassing of twee op die album – al ooit gewonder hoe Kurt Darren se Kaptein span die seile sou klink as dit in ware opera styl gesing word?
Kaartjies is R80 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of stuur ’n epos aan vstemmet@ gmail.com.
Vir meer inligting oor Flip a Coin besoek hul webtuiste by www.flipacoin.co.za.