Kletsrymer klets sy trots
2010-04-01
"WAS dit nie vir hip-hop musiek nie, glo ek nie dat ek my drome sou kon bereik nie,” sę die 35-jarige Afrikaanse kletsrymer Jaak van die Paarl. Jaak het in Lantanastraat, Klein Nederburg, grootgeword en in 1989 toe hy na Klein Nederburg Sekondęr is, professionele kletsrymers begin naboots. Hy was veral geďnspireer deur die rolprent “Beat Street”. Dit het hom en sy drie maats so opgewonde gemaak dat hulle sommer self ’n groep begin het wat later bekend was as die Funk-Shun 3 rymers. Funk-Shun 3 het later aan kompetisies soos Shell Road to Fame deelgeneem en opgetree in verskeie dansklubs soos Angels. “Later ná skool het aldrie van ons elkeen in ons eie rigting gegaan en ek het besluit om nog steeds te klets as solokunstenaar,” het hy gesę. Ná matriek was Jaak vasberade om ’n joernalis te word en het vir twee jaar sy studies by Universiteit van Wes-Kaapland voortgesit. Hy moes egter sy BA Tale en Kommunikasie-studies beëindig, omdat daar nie meer fondse beskikbaar was nie. Jaak het toe gereeld saam met “Blac Suga”opgetree as gaskunstenaar. In 1997 het dié groep die Shell Road to Fame-kompetisie gewen. Hy en Gursh van Blac Suga faam het toe in 2003 die treffer ‘Cabana’ vervaardig en dis een van die bekende liedjies wat dikwels op Radio KC gespeel het. Sy kletsrym handel oor lewenservaring en die gemeenskap se onvertelde stories: “Ons moet die geskiedenis, erfenis en kultuur onthou”. “Wanneer ek Afrikaans klets dan leef ek myself beter uit, seker omdat dit my moedertaal is.” Hy het tot dusver CD albums as solokunstenaar vervaardig. Verlede jaar het hierdie kranige kletsrymer ook ’n video vervaardig met die naam “Sweet”. Sweet is die eerste video van sy album, Flętse Maniere, wat handel oor sy kinderjare in sy woonbuurt. As kind het hy nog altyd gehou van speletjies soos tolkap, kennetjie, albasters, skeloeloe en drie-oor-die-kop. Een van sy kosbaarste herinneringe is hoe hulle as kinders, as die son sak, ’n kring gevorm en hande vasgehou het en liedjies gesing het. Jaak verdien sy brood en botter deur van skenkers, optredes en ook deur internasionale aflaai van sy musiek van sy webwerf. CD’s verkoop nie goed nie, omdat mense die oorspronklikes kopieer, in plaas daarvan om dit te koop. Vir vanjaar beoog hy om die Gelant album voort te bring as eerbewys aan sy oupa. Ondersteuning van die Jacobs-familie en vriende is groot en dis hulle wat hom motiveer en inspireer tot sy sukses. Hy beplan in Meimaand om deel te neem aan ’n kulturele uitruilprojek met behulp van die Nederlandse ambassade waar hy in Amsterdam met ’n Nederlandse kunstenaar sal optree. Daarna sal die kunstenaar weer saam met hom na Suid-Afrika terugkeer vir verdere optredes. Hy geniet sy voltydse werk by ’n opname-ateljee in Kaapstad volkome, maar werk ook deeltyds van die huis af. Jaak meen: “As daar een ding is wat jy moet leer in die lewe, is dit om jouself te leer ken. Vra jouself die vraag wie jy werklik is en doen dit gereeld. Lees gereeld en leer ken jou geskiedenis en gesels met die ouer garde”. As jy graag na Jaak se musiek wil loer, besoek gerus pioneerunit.com of jaak.bandcamp.com.
More
News
|