Die Toktokkies is by die deur
2005-03-17
EET gesonde kos, oefen gereeld, wees sonslim en moenie rook nie. Dit is slegs ’n paar van die gesondheidsboodskappe wat Kansa (Kankervereniging van Suid-Afrika) gaan bevorder tydens die Toktokkie gemeenskapsveldtog wat gister in die Paarl afgeskop het. Kansa-vrywilligers besoek huise en sake-ondernemings om gemeenskappe in te lig oor gesonde leefstylkeuses en geld in te samel.
“Kanker kan een in vier Suid-Afrikaners raak, maar gesonde leefstylkeuses soos om gesonde eetgewoontes aan te kweek, gereeld te oefen, nie te rook nie, sonslim te wees, gereelde selfondersoeke te doen en jaarliks mediese toetse te laat doen, kan die risiko om kanker te kry aansienlik verminder,” volgens Kansa se Besturende Direkteur, Niamaat Gamildien.
Mense wat belang stel om betrokke te raak by die Toktokkie-projek of meer inligting omtrent die projek verlang, kan Elsa Dauth skakel by 873-3425. Meer inligting oor Kansa en raad oor kanker kan verkry word by die tolvrye inligtingsdiens by 0800-22-66-22 of besoek www.cansa.org.za.
More
News
|