Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skroot-diewe steeds ’n groot kopseer

Skroot-diewe steeds ’n groot kopseer
 
2010-04-01


BOERE is raadop weens die voortdurende diefstal van enige metaal, insluitend telefoonlyne, op hul plase.

Nie net verloor die landboubedryf derduisende rande hierdeur nie, maar hulle verloor ook hul kommunikasiestelsels wanneer skrootdiewe koperkabels steel.

Onlangs is 150 koper-sproeikoppe en sewe koperkrane ter waarde van byna R50 000 by Oakdene-plaas by Wellington gesteel.

Kort op die hakke van hierdie diefstal is twee elektriese kabels ter waarde van R2500 by Florida-padstal gesteel.

En steeds word daar telkens telefoondrade in die omgewing van Paardeberg gesteel.

Dit is kenmerkend dat die omvang van diefstal van sekere items direk verband hou met die prys wat vir die goedere aangebied word.

In 2006 het die koopprys van koper gestyg en ’n toename in koperdiefstal is ervaar. In 2007 weer, het die prys van koper geval, maar die prys van yster het gestyg en ’n toename in ysterdiefstal is waargeneem.

In daardie jaar het die landbougemeenskappe erg deurgeloop onder diefstal van veral implemente en heinings, wat ten duurste vervang moes word.

Tans is daar ’n laer aanbodprys vir yster en word ’n toename in diefstal in telefoon- en elektrisiteitskabels waargeneem.

’n Woordvoerder van die polisie sê dat die blaam vierkantig op die skouers van skroothandelaars geplaas kan word.

“Skrootdiewe kap metaalgoedere wat hulle steel onherkenbaar op en verkoop dit dan eenvoudig aan skroothandelaars. Die handelaars voer aan dat hulle nie bewus is dat die goedere wat hulle aankoop, gesteel is nie. Maar dit glo ons nie. Hoe kry die man op straat so maklik koper in die hande?”

* Scrap-dealers are being blamed for the continuous spate of metal theft, especially from farms.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za