EK verwys hiermee na die kermis/karnaval wat op 27 Maart 2010 op die skougronde/krieketveld plaasgevind het.
Die verrigtinge het ongeveer 08:00 begin en heeldag is luidrugtige musiek en sang uitgesaai.
By navraag by die hekwagte is ek ingelig dat die verrigtinge net tot 18:00 sou duur.
As inwoner van die woonbuurt Esterville het ek ná sesuur by sowel die brandweer as die polisie gekla, sonder welslae. Uitvoerende raadslede se fone was af.
Die steurnis het eindelik om 19:30 tot ’n einde gekom.
My vraag as belastingbetaler is: met wie moet ek in verbinding tree in so ’n geval, aangesien niemand verantwoordelikheid vir die aanspreek van die geraas wil aanvaar nie.
Indien die Munisipaliteit wel goedkeuring vir die kermis/karnaval verleen het, moet iemand verantwoordelik wees om toe te sien dat daar by die goedkeuringsvoorwaardes gehou word.
Ek wonder net wie gaan betaal om die sportvelde wat vir parkering aangebied is, te herstel. Ontevrede belastingbetaler