Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisiebeamptes beïndruk

Polisiebeamptes beïndruk
 
2010-04-01


OP Dinsdag 23 Maart, het ek my nuwe selfoon in ’n bank in die Paarl “verloor”.

Na verskeie oproepe na my selfoon, het ’n persoon vanuit Mbekweni beantwoord. Hierdie persoon het vir my meegedeel dat hy in besit was van my selfoon en dat ek die foon by hom kan gaan haal.

Aangesien ek nog nooit in Mbekweni was nie en bang was om vrou-alleen my selfoon te gaan haal, het ek die Paarl polisiestasie geskakel.

Kort daarna het twee uiters netjiese polisiebeamptes, konstabels Baardman en Diego Snyders by my werk opgedaag.

Hulle was uiters professioneel en het sonder om te skroom vir my na Mbekweni vergesel waar my selfoon onder hul wakende oog aan my oorhandig is.

Beide offisiere was deurgaans professioneel en het my te alle tye ondersteun.

Ek is voorwaar baie trots en dankbaar vir die diens van hoogstaande gehalte wat ek van die Paarl polisie en in besonder, dié twee lede, ontvang het.JA du Preez




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za