Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onaantreklike parke in Drakenstein grief my

Onaantreklike parke in Drakenstein grief my
 
2010-04-01


WAT gaan aan met Paarl se parke? Hoekom lyk die goed so afgeskeep en verwaarloos?

Ek is ’n inwoner van Paarl-Oos wat my kommer rakende die kwessie rondom die haglike toestand van ons publieke parke wil deel.

Die Drakenstein Munisipaliteit moet regtigwaar ’n plan maak. Ek dink nie ons 2010 toeriste, met oënskynlike hoë verwagtinge, gaan tevrede wees wanneer hulle, as hulle kom, in die Paarl ’n draai kom maak nie. Wat gaan die mense van ons pragtige dorp dink?

Ek het opgelet dat die parke glad nie meer benat word nie en verneem dat die Drakenstein Munisipaliteit se Gemeenskapsdienste-afdeling die benatting van die parke afgekeur het om water te bespaar.

Ek stem 100% saam met die feit dat ons water moet bespaar, maar deel van VOLHOUBARE gebruik van natuurlike hulpbronne is die EFFEKTIEWE GEBRUIK daarvan ook belangrik.

Aardverhitting kan nie dié keer die skuld vir die onkundigheid van munisipale amptenare kry nie. Ons moet juis weens verhitting verseker dat ons parke welig groei om sodoende ’n relatiewe verandering te kan maak.

Dit baat nie ons plant bome en die goed word nie natgemaak nie.

Ek het agtergekom dat parke “anderkant die rivier” (Paarl-Wes) wel natgemaak word, maar ook net sommiges. Hoekom is dit dan die geval? Is dit omdat daardie mense glad nie versuim om hul klagtes in te dien by die Drakenstein Munisipaliteit nie?

Die benatting van middelmannetjies is wel nog hier en daar aan die gang, maar die middelman in Van der Stelstraat het, weens waterbesparingsdoeleindes, verander in ’n streep sand.

Ek doen ’n beroep op die Parke-afdeling van die Munisipaliteit om asseblief ons parke so bietjie nat te maak.

Diep Teleurgesteld

May Carolissen, woordvoerder van Drakenstein Munisipaliteit, reageer: Dit is jammer dat die skrywer die roete van die media verkies om sy ongelukkigheid oor die parke uit te druk

Daar mag dalk van die parke wees wat opgradering nodig het, maar om so te veralgemeen, spreek van oningeligtheid.

Ons wil die publiek uitnooi om waar daar probleme met parke of dienste ondervind word, dit aan te meld by die Drakenstein Munisipaliteit.

As ons nie weet na watter parke of probleme verwys word nie, kan ons nie spoedig, soos altyd, op die klagtes reageer nie.

Ook kan ek noem (sonder om die begrotingsproses van die Raad vooruit te loop) dat daar aansienlik begroot is om parke op te gradeer.Ons sal dit waardeer as die publiek help om vandalisme en agteruitgang te voorkom.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za