Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moedeloos oor Telkom ADSL-lyn

Moedeloos oor Telkom ADSL-lyn
 
2010-04-08


EK het ’n paar maande gelede ’n tweejaarkontrak met Telkom aangegaan vir `n ADSL Internetlyn.

Die aankoop en installering het alles vlot verloop. En toe begin die probleem: dan werk dit, dan werk dit nie. Kort-kort is my internet van lyn af. By tye so lank as tien uur.

Elke keer wanneer ek vir Telkom bel en die probleem rapporteer, is dit dieselfde storie: die lyn word getoets, ek ontvang ’n SMS dat die probleem aandag geniet, die internet kom weer aan - tot die volgende keer, wanneer die internet weer van lyn af gaan - en die probleem word nie opgelos nie.

Telkom is nie by magte om die probleem op te los nie.

En elke maand betaal ek vir ’n diens wat nie bestaan nie.

In Telkom se Terme en Voorwaardes staan dat indien ‘n diens vir 24 uur nie beskikbaar is nie, hulle jou moet vergoed vir die tydperk waartydens die diens nie beskikbaar is nie.

Ek wonder wanneer kan ek ’n krediet van hulle verwag?

Ná verstryking van my tweejaarkontrak sal ek dit beslis nie hernieu nie, maar van ’n ander internetdiensverskaffer gebruik maak.

Graag verneem ek van Pander lesers wat soortgelyke probleme ondervind. Dalk kan iemand help en my laat weet waarheen gaan ek met my klagte?

Stuur u kommentaar na ingrid.b@telkomsa.net.Ingrid




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za