EK verwys na ’n klagte oor geraas by ’n funksie by die Parys-krieketveld op Saterdag 27 April.
Drakenstein Munisipaliteit (Brandweer) se optrede is beperk tot die brandveiligheidsaspekte van so ’n funksie. Rondom geraasbeheer het ons nie regtig beheer nie.
In so ‘n geval word die SAPS gekontak en hulle sal dan indien die klank te buitensporig is, optree. In hierdie geval verstaan ek was daar wel polisiebeamptes by die funksie. Die tydsduur van die funksie sal wees soos dit ooreengekom was met die organiseerdes van die funksie.
Toestemming vir die funksie is gegee deur die Direktoraat Sosiale Dienste en die musiek was veronderstel om 18:00 klaar te maak.
Wat betref skade aan die krieketveld weens voertuie: Daar is toestemming vooraf gegee vir parkering op die velde. Die velde sal niks oorkom as daar slegs per geleentheid daarop geparkeer word nie.
May Carolissen, woordvoerder Drakenstein Munisipaliteit