DIT was lekker om voorverlede Saterdaggogend te sien en te hoor hoe die Wellington klopse deur die dorp stap en mense bewus maak van die ‘Hou Wellington Skoon”-aksie.
Op ’n mooi, gepaste manier het hulle die mense opgeroep om die strate skoon te hou en nie rommel te strooi nie.
Hulle het sommer ook self die voorbeeld gestel en rommel opgetel so ver hulle gegaan het.
Geen wonder dat mense uit alle gemeenskappe by hulle aangesluit het, en met swart sakke in die hand begin help het nie.
Hartlike dank aan mnr Jackie Abrahams en sy bestuur, asook aan almal wat deel was van Saterdag se optrede. Ons besef dat so ’n optog nie uit die lug val nie. Dit vra goeie organisasie en heelwat opoffering.
Die klopse is ’n bate vir die dorp. Met kleur en klank en aansteeklike vrolikheid maak hulle baie harte bly. Maak weer so!
Dr Thys Smith