Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Klink soos Derde Węreldoorlog

Klink soos Derde Węreldoorlog
 
2010-04-08


EK het nie geweet dat feeste gebruik word om amper Derde Węreldoorlog te voer nie!!

Goed en wel, almal wil die prag van vuurwerke sien, maar tot die nadeel van diere en jou medemens? EN met die toestemming van die die munisipaliteit? Ek is sprakeloos!

Elke jaar raak dit net erger en erger.

Ons kry vriendelike waarskuwings vanaf die owerhede dat GEEN persoon tydens Guy Fawkes vuurwerke mag afvuur in woonbuurte nie!

Bekende besighede is oor die vingers getik tydens vieringe daarvan en ander geleenthede en dit is summier gestop.

Geluk aan die Moslem Jamaakomitee om die fees van krag tot krag te laat gaan, maar hulle vergeet van die MENSE wat rondom hierdie stadion bly!

Mense sover as Noorder-Paarl kon die “bomme’’ hoor afgaan! Honde en katte was histeries en wou oor mure spring of amper DEUR deure klim om weg te kom van die geraas.

Dit was vir ons as mense ondraaglik, so wat van diere se ore wat talle keer meer sensitief is as mense s’n?

Ek dink daar is beter maniere om die opening van die fees te vier OF om mense te vermaak. As dit in 2010 so was, wat kan ons verwag vir 2011?

Kanonskote wat deurnag gaan duur?

C Adonis

Die munisipale woordvoerder, May Carolissen, reageer:

Die Munisipaliteit (Brandweer) verleen toestemming vir vuurwerke na gelang van ’n inspeksie op ’n perseel ten opsigte van brandveiligheid uitgevoer was. Die Munisipaliteit verleen slegs toestemming ten opsigte van brandveiligheid. Die Inspektoraat vir die Hantering van Plofstowwe (SAPD) is die instansie wat die permit vir die afvuur van die vuurwerke uitreik.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za