Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oop gesprekke by FAK

Oop gesprekke by FAK
 
2005-09-15


DIE jaarlikse ledevergadering van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) word die naweek in die Paarl gehou en val saam met die onthulling van die Anglo-Boereoorlog Monument op Laborie-plaas die Saterdag.

‘n Reeks oop gesprekke word aangebied na die jaarvergadering Donderdagoggend.

Vrydag van 13:45 is daar ‘n paneelbespreking in die Paarl Gimnasium Ouditorium, oor Afrikaanse Onderwys: ‘n Toekomsperspektief.

Die lede van die paneel is dr Neville Alexander (voorsitter van Praesa), Steve Roux (voorsitter van die SA Onderwysersunie), Erhard Wolfe van Laerskool Mikro en Alet van Huyssteen van die Wes-Kaapse Taalraad asook Ria Olivier. Toegang is gratis.

Die aand is daar ‘n prestige-funksie waar toekennings gemaak word vir bydraes tot die Afrikaanse kultuurgemeenskap, onder andere aan prof Herman Giliomee (spreker) en prof Johan Degenaar.

Saterdag, ook by die Paarl Gimnasium Ouditorium, van 08:00 tot 11:00 is daar ‘n paneelbespreking oor die Afrikaners en die “Nasionale Vraagstuk”.

Die paneel bestaan uit prof Willie van der Merwe, prof Lina Spies, prof Pieter Duvenage en dr Gerrit Brand. Toegang is gratis. Navrae by Bets Koen, tel (012) 326-8646.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za