Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geen afslag vir sentrum

Geen afslag vir sentrum
 
2010-04-08


DIE pleidooi van DA-koalisie raadslede dat die Wamakersvallei Opleidingsentrum op Wellington tegemoet gekom moet word wanneer daar oor die hernuwing van hulle huurkontrak besluit moet word, het op dowe ore geval en op die ou einde is daar tot stemming oorgegaan wat ten gunste van ’n 8% eskalasie per jaar was.

Die DA-koalisie by monde van Johan von Wielligh het by die onlangse munisipale raadsvergadering voorgestel dat die eskalasie van die huurgeld slegs met 5% per jaar moet styg en nie met 8% soos wat die burgemeesterskomitee voorgestel het nie.

Johan Rademeyer, Clara Meyer en Lutisia Daries, almal van die DA, het raadslede versoek om dié geleentheid te gebruik om met hulle harte te stem, en nie vir ’n spesifieke politieke party nie.

Meyer het gesê dat dié opleidingsentrum voordelig is vir die breë gemeenskap en dat nie een politieke party bevoordeel word deur die werk wat daar gedoen word nie.

Davies het gesê dat “ons” mense groot genot put uit die opleiding wat daar gegee word en dat baie mense kos op die tafel het nadat opleiding daar gedoen is.

Burgemeester Charmaine Manuel het teruggekap deur te sê dat daar nie “ons” mense is nie, maar dat almal Suid-Afrikaanse studente is: “Die huurbedrag wat ons vra is nie onredelik nie en die raad moet onthou dat die studente by Wamakersvallei kursusgelde betaal,” sê sy.

* The Drakenstein Municipal Council has voted to increase the rental of a Wellington training centre, despite opposition from the DA.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za