Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Landbou die fokus by Agri Cape Week in Agter-Paarl

Landbou die fokus by Agri Cape Week in Agter-Paarl
 
2010-04-08


DIE Agri Cape Week, wat volgende week (15 tot 17 April) by Hoër Landbouskool Boland in Agter-Paarl aangebied word, fokus op die vrugte-, wyn-, en groentebedrywe in die Wes-Kaap.

Verskeie aktiwiteite word weer vir hierdie geleentheid beplan, insluitende werkwinkels en inligtingsessies vir die onderskeie bedrywe, asook kompetisies, skolebetrokkenheid en vermaak.

Een van die hoogtepunte op die program wat goeie waarde sal toevoeg, is ’n Agritoerisme-werkwinkel met die bekende Peter Myles, ’n toerismespesialis as hoofspreker.

Die werkwinkel sal spesifiek fokus op plaaseienaars wat die potensiaal van landbougerigte toerisme-aktiwiteite soos self-sorgeenhede, 4x4- en staproetes in die Wes-Kaap wil ontgin en plaaseienaars word juis aangemoedig om bestaande hulpbronne, soos leë plaashuise, te omskep in ’n bron van inkomste.

Nog ’n hoogtepunt op die program is ’n Nasionale Olyfkonferensie met internasionale sprekers van Italië en Spanje asook plaaslike spesialiste in die olyf-industrie, soos Carlo Costa van die LNR.

Die konferensie sal oor twee dae geskied (15-16 April). Onderwerpe wat bespreek sal word, sluit in kultivars vir Suid-Afrika, olyfekstraksie, ’n nadere blik op insekteplae en biologiese pesbeheer. Daar sal uitstallings wees van produkte en dienste.

Daar sal ’n Sussex beoordelaarskursus en -inligtingsdag wees asook ’n Interras-vleisbeeskampioenskap, ’n gewilde skou wat al suksesvol by die Agri Megaweek in Bredasdorp aangebied is.

Die vermaakkomponent word ook nie agterweë gelaat nie en besoekers kan uitsien na die jaarlikse Pampoenfees en die groot wenners kan daar bekyk word.

Groot rugby word ook tydens die Agri Cape Week beplan waartydens privaatskool Bishops (Diocesan College) kragte sal meet teen die Hoër Landbouskool Boland.

Daar sal ook weer ’n verskeidenheid van landbougerigte uitstallings en demonstrasies van landbou-implemente wees.

Toegang tot die Ekspo is gratis en alle belangstellendes is welkom.

Vir navrae, kontak Cornea Geldenhuys by 028-424-2890 of besoek www.agrimega.co.za.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za