Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stoor in ligte laaie ná inbraak

Stoor in ligte laaie ná inbraak
 
2010-04-08

Lise Beyers

DAE nadat ’n brand in ’n pakstoor op ’n plaas naby Wellington uitgebreek het, het die gebou steeds gesmeul.

Inwoners van die plaas Welgemoed, naby Malanstasie, het Saterdagnag omstreeks 01:00 wakker geword en besef dat ’n groot pakstoor in ligte laaie was.

Binne-in die stoor was verskeie landbouimplemente ter waarde van derduisende rande, asook bale hawer.

Die hawer het daartoe gelei dat die gebou vir dae lank gesmeul het nadat die brand geblus is.

Inwoners van die gebied beweer dat inbrekers Saterdagnag toegang tot die stoor verkry het en dat hulle die brand veroorsaak het.

’n Polisiewoordvoerder het gesê dat hierdie gerugte nie bevestig kan word nie, en dat geen klag by die polisie aanhangig gemaak is nie.

“As die eienaar van die plaas wel ’n saak maak, dan kan ons dit ondersoek, maar intussen word dit net as ’n gewone brand beskou.”

Boere in dié gebied steier die afgelope paar maande onder diefstalle.

Diewe steel veral metaal-implemente, koperkabels en koper sproeikoppe om as skroot te verkoop.

* A large store burnt down on a farm near Wellington. The fire is thought to have been caused by burglars.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za