Amptenaar 'het hond mishandel'
2010-04-08
Lise Beyers
’n SAAK van dieremishandeling is aanhangig gemaak teen die Drakenstein Munisipaliteit, nadat die hondevanger na bewering ’n hond erg mishandel het. Ray Julies, ’n onderwyseres van Nederburg Primęr, was verlede week stomgeslaan toe sy die Munisipaliteit se hulp ingeroep het om haar hond, Gregan, na die DBV te neem om die genadedood op hom toe te pas. Die sewejarige herdershond was blind en sieklik en sy het nie die vermoë gehad om self vir Gregan te vervoer nie. “Die munisipale dierebeampte het soos beloof vir Gregan kom haal, en ek en my gesin het hartseer afskeid geneem van hom. “Maar voordat ons ons oë kon uitvee, is ’n stywe tou om Gregan se nek geplaas, en die beampte het hom hard gesleep tot by die wagtende bakkie. “Hy is toe hard agter op die bakkie gegooi en dit het gelyk asof hy bewusteloos wou word van die wurgende tou. “Daarna het die bewegende bakkie se agterdeur oopgegaan en ons geliefde hond het uitgeval. “Ek het agterna gehardloop om hom maar liewers weer huis toe te bring, maar hulle het weer vir Gregan met geweld in die bakkie gegooi, en toe ek daar kom, was hulle reeds weg. “My dogters en ek is getraumatiseer deur hierdie onmenslike behandeling en ek sukkel om die wrede beelde uit my gedagtes te kry.” Julies het nou ’n klag teen die Munisipaliteit gelę by die Paarl-Oos polisiestasie. ’n Woordvoerder van die Munisipaliteit het gesę dat die beampte wat hierby betrokke was, tans op verlof is, maar met sy terugkeer sal die saak ondersoek word. * A charge of animal abuse has been laid against the Drakenstein Municipality after a dog was allegedly seriously abused by one of their dog catchers.
More
News
|