Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onderwyser sterf in polisiesel

Onderwyser sterf in polisiesel
 
2010-04-08

Lise Beyers

’n ONDERWYSER van Wellington is die afgelope naweek dood gevind in ’n polisiesel.

Garfield Carolissen (50) is in hegtenis geneem deur die Wellington polisie nadat hy in ’n motorongeluk in Oxfordstraat betrokke was.

Hulle het vermoed dat Carolissen onder die invloed van drank was en het hom eers na Paarl Hospitaal geneem vir bloedtoetse.

Hier het hy glo sy bewussyn verloor voordat die toetse gedoen kon word.

Die polisie het hom teruggeneem na die polisiekantoor en hy is vir die nag in die selle geplaas.

Maar toe ’n beampte om 01:30 na Carolissen gaan omsien, is hy dood aangetref in die sel.

Dit is nog onbekend wat die oorsaak van sy dood was.

Carolissen het vir baie jare by Weltevrede Hoërskool onderwys gegee.

Hy en sy vrou, Teresa, en hul kinders, Curtis (21) en Jonty (15), is later na Nieu-Seeland toe, maar Carolissen het teruggekeer na Suid-Afrika nadat hy en sy vrou vervreem is.

Hiér het hy by Weltevrede en Bergrivier Hoërskole skoolgehou, voordat hy weens sy gesondheid afgelê is.

Volgens ’n familielid het hy erg aan depressie gely.

Carolissen se gesin is tans vanaf Nieu-Seeland na Suid-Afrika onderweg om begrafnisreëlings te tref.

Die polisie ondersoek die saak.

* A teacher from Wellington has been found dead in a police cell after being arrested for drunk driving.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za