Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geleenthede vir musiekstudente

Geleenthede vir musiekstudente
 
2010-04-08


DIE Sanlam Nasionale Musiekkompetisie skep nou vir meer musiekleerders uit minderbevoorregte gemeenskappe ’n geleentheid om op ’n nasionale verhoog blootstelling te kry.

Deur ’n spesiale aansporingsinisiatief sal hulle op gelyke voet met kandidate van ander gemeenskappe meeding. Daar is vier kategorieë: klavier, strykers, hout- en koperblasers, en ander instrumente (slaginstrumente, blokfluit, klassieke kitaar en harp). Aanloklike pryse is op die spel.

Potensiële kandidate uit behoeftige gemeenskappe wat musiekonderrig in ontwikkelingsprogramme ontvang (sogenaamde uitreikinisiatiewe), maar wie se vordering deur sosiaal-maatskaplike kwessies belemmer word, sal gehelp word om in te skryf. Hulle sal oudisies aflê en met alle deelnemers en binne hul portuurgroep meeding. Die sluitingsdatum is 16 April. Oudisies sal van 26 Mei af in die groot sentra afgelê word. Die kompetisie vind van 20 tot 24 September in die Hugo Lambrechts-Ouditorium in Parow, Kaapstad plaas.

Kontak Leon Hartshorne by 021-939-9105 vir navare.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za