Museum-en Erfenisekspo
2010-04-08
Die derde Museum- en Erfenisekspo ter viering van Internasionale Museumdag vind vanjaar van 13 tot 16 Mei in Paarl Mall plaas. Ná die sukses van die vorige ekspo’s, waaraan meer as 20 instellings deelgeneem het, word ’n interessante geleentheid met opwindende aktiwiteite beplan om die publiek bewus te maak van Suid-Afrika se ryk en diverse erfenis. Dit word aangebied deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en Paarl Museum. Erfenisinstellings en nie-winsgewende organisasies wat belang stel om gratis by die ekspo uit te stal, kan vir Amira Clayton kontak by 021-872-3441 of by e-pos kommunikasie@taalmuseum.co.za
More
News
|