Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Damesbederf by Agri Cape Week

Damesbederf by Agri Cape Week
 
2010-04-08


’n DAMESPROGRAM word tydens die Agri Cape Week van 15 tot 17 April aangebied.

Kom kuier op 15 April vanaf 09:00 saam met Mabel Steenkamp, Tuis se tuinmedewerker en ook eienaar van ’n spesialis-blommewinkel in die Paarl, wat fokus op tuindekor. Die tema is “Ons kyk na binne en leef na buite”. Kostes is R200 en sluit ’n laat-ontbyt in. Om 14:30 is daar ’n koek en tee waar Charlene Thomson van St Omer Kwekery ’n aanbieding doen met kruie en ook haar genesingservaring deel. Lourette du Preez van Stellenbosch wat bekendheid verwerf het vir haar handwerk by toonaangewende kunsmarkte sal haar handwerkgeheime deel. Daar sal ook uitstallings van kunswerke, juwele en naaldwerk wees. Die tema is Wees vaardig met jou hande – mooigoed, lapgoed, kunsgoed. Kaartjies is R60.

Plaaswerkervroue gaan op 16 April (14:30) bederf word met ’n koek-en-tee geleentheid waar daar gefokus sal word op die belangrike rol wat dié vroue in hul gemeenskap speel. Die tema is Projek Huisie. ’n Verskeidenheid produkte sal te koop aangebied word. Kostes is R60 en sluit verversings in. Al die funksies vind plaas by die eetsaal van Huis Nico Malan by Hoër Landbouskool Boland. Bespreek Elma by 021-863-0397 of events@agrimega.co.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za