Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skop, skiet en siedaar

Skop, skiet en siedaar
 
2005-09-15


INWONERS van Noorder-Paarl het verlede week verstom gekyk hoe buurtwaglede en polisiebeamptes soos in ’n Hollywood fliek deur die strate gejag het om ’n inbreker aan te keer.

Elroy Ruiters, lid van die Noorder-Paarl buurtwag, was die een wat uiteindelik, ná ’n wilde jaagtog, die verdagte vasgetrek het.
Siyabulela Mvundlela (19) van V55, Mbekweni, het om 12:00 ongeërg met twee sakke in dié buurt gestap.

Ruiters het hom voorgekeer en die sakke deursoek.

Volgens buurtwagkoördineerder Robert Larke het die inhoud - ’n hoëtroustel met luidsprekers, videomasjien en vier bottels drank - vir Ruiters laat besluit om versterkings in te roep.

“Hy het nog op sy radio gepraat toe die verdagte laat spaander het,” sê Larke.

’n Kordon is deur buurtwaglede en die polisie tussen Optenhorststraat en Pleinstraat getrek en die buurt is deursoek.

Mvundlela het tot by die polisiekollege in die Hoofstraat gevorder voordat hy in die menasie deur Ruiters in hegtenis geneem is.

Die gesteelde goedere is weer aan die eienaar oorhandig.

“Dié man was so dankbaar dat hy sommer dadelik by die buurtwag aangesluit het,” sê Larke. “Ons moes ook vir hom ’n alarmstelsel installeer.”

Larke versoek dat enige verdagte voetgangers of aktiwiteite in Noorder-Paarl aan die Buurtwag gerapporteer word, by 082-813-6980.

* A young thief has been arrested by the Paarl North neighbourhood watch.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za