Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Larries bied oefenkampe aan

Larries bied oefenkampe aan
 
2010-04-15


DIE Hoërskool La Rochelle het tydens die skoolvakansie twee baie suksesvolle oefenkampe aangebied vanaf 6 tot 9 April - ’n netbalkursus en ’n hokkiekamp.

Tydens die netbalkursus het verskeie o.16- en o.19-spanne hul staal op La Rochelle se bane getoon.

Saam met La Rochelle het spanne soos Montana (Worcester), El Dorado (Namibië), New Orleans Sekondêr en Klein Nederburg Sekondêr deelgeneem.

Gedurende die oggendsessies is daar verskeie aktiwiteite aangebied om die speelsters se vaardighede en fiksheid te verbeter, terwyl daar tydens die middagsessies verskeie wedstryde gespeel is.

Tydens dié wedstryde het La Rochelle se spanne hul baie goed van hul taak gekwyt deur altesaam 10 van hul 12 wedstryde te wen.

Altesaam ses spanne het deelgeneem aan La Rochelle se eerste hokkiekamp - La Rochelle se o.13’s, o.14A’s en o.14B’s en o.16A’s en B’s, asook Langenhoven Gimnasium (Oudtshoorn).

Die hoofafrigter was Andi Bernstein, voormalige SA o.21-afrigter en huidige bestuurder van die High Performance Centre by Maties.

Bernstein was bygestaan deur ses SS o.21 en WP spelers.

In die oggend het die meisies stokwerk en ander vaardighede gedoen, waarna hulle in die middag wedstryde gespeel het.

Die o.16A en B spanne speel ook wedstryde tydens Hoërskool Gimnasium se o.16-toernooi, teen spanne soos Gim, Pearson, Outeniqua, Duineveld, Somerset College en DF Malan.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za