Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onderwysers kry leiding oor Wetenskap Expo

Onderwysers kry leiding oor Wetenskap Expo
 
2010-04-15


SKOLE wat nog wik en weeg of hulle later vanjaar vir die eerste keer wil deelneem aan die Stellenbosch-streekkompetisie van die Eskom Expo vir jong Wetenskaplikes, kan nadere besonderhede verkry by ’n werksessie wat daaroor aangebied word.

Die werkswinkel word op 21 April in Stellenbosch vir belangstellende onderwysers en leerders aangebied deur personeel van die Instituut vir Wiskunde en Wetenskappe Onderrig (IWWOUS) aan die Universiteit Stellenbosch (sien www.imstus.sun.ac.za).

Die streeksekspo self, waaraan skole in die Boland, Weskus, Overberg, Suid-Kaap en selfs dele van die Karoo deelneem, vind vanjaar van 26 tot 27 Augustus op Stellenbosch plaas. Inskrywings sluit op 6 Augustus. Leerders kry die kans om probleme te identifiseer, hipoteses te formuleer, data te versamel en te analiseer, afleidings te maak en om hul bevindinge effektief aan ander mense oor te dra.

Leerders kan projekte in 25 verskillende kategorieë inskryf en moet ’n goedgedokumenteerde uitstalling en navorsingsverslag voorlę.

Akademici en navorsers van verskeie fakulteite aan die Universiteit Stellenbosch, asook onderwysers en kenners uit die privaatsektor sal vanjaar weer as beoordelaars optree. Deel van die beoordelingsproses behels ook persoonlike onderhoude tussen die beoordelaars en elke deelnemer.

Vir meer inligting, kontak Erika Hoffman by 021-808-3482 of ehoff@sun.ac.za.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za