Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Motordiewe woelig in vallei

Motordiewe woelig in vallei
 
2005-09-15


MOTORDIEWE steel nie net voertuie in verlate parkeerplekke en stil woonbuurte nie, maar spits hulle nou ook toe op voertuie in besige gebiede.

“Hulle steel die voertuie so ongemerk tussen die ander uit,” sê ’n polisiewoordvoerder.

’n Rooi Nissan bakkie met registrasienommer CJ 41581 is Vrydagmiddag in Bothastraat gesteel. Daar is ’n plakker (Ambulance 911) op die buffer.

Dieselfde aand is daar gepoog om ’n voertuig te steel op die parkeergebied buite die Vineyardsentrum in Suider-Paarl.

Die diewe het die slot probeer uithaal, maar kon nie daarin slaag nie.
Die polisie het Sondag ’n wit BMW in Bainskloofpas opgespoor nadat die motor as gesteel aangemeld is.

Volgens die eienaar het die motor in Nuwestraat verdwyn waar hy dit parkeer het. Die motor is verlate langs die pas gevind. Die man se beursie het ook verdwyn.

Maandag is twee voertuie gesteel, ’n swart Ford Courier bakkie in Swartvleistraat in die middedorp, en ’n Mazda B-reeks bakkie in Williamsstraat, Noorder-Paarl.

Die eienaars het altwee die aand om 21:30 ontdek dat hul voertuie verdwyn het nadat hulle dit vroeër die dag geparkeer het.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za