Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugby-flitse

Rugby-flitse
 
2010-04-15


PAARLSTREEK

* Die Paarlstreek-span se aansoek om in WP Rugby se Premiumliga B te speel, is Maandagaand met ’n groot meerderheid deur die klubs van WPRFU aanvaar. Paarlstreek speel Saterdag sy eerste liga-wedstryd teen die span van Sir Lowrians. Die bus vertrek om 12:00. Young Gardens sal die 2de en 3de spanne van die Paarlstreek voorsien.

Vir navrae, kontak die spanbestuurder Ganief Dulvie by 082-226-9307.

EVERGREENS RUGBYKLUB

* Evergreens Rugbyklub (Evies) het Saterdag op hul tuisveld vir Samoa van Moorreesburg ’n skok gegee, deur aldrie hul wedstryde te wen. Die eerste span het 30-19 gewen, die tweedes het 13-7 gewen en die derde span het 9-0 gewen.

Die eerste span was skitterend, met veral die vaste vyf wat veroorsaak het dat die agterlyn kon baljaar met die bal.

Drieë is behaal deur Anwill Philander (2), Brian Bester, Samuel Jacobs en Randal Geldenhuys.

Evies speel volgende naweek teen Bloues van Malmesbury.

PNIEL VILLAGERS

Pniel Villagers is Saterdag 29-25 deur Kuilsrivier geklop. Pniel was teen rustyd 20-3 voor, maar die tuisspan het hard teruggeveg om met 29-20 die voortou te neem. Pniel se driedrukkers was Angelo Nelson, Gavin Petersen, Enrico du Preez en Marc Arendse. Riaan Windvogel het ’n strafskop en doelskop behaal.

Pniel II het gelykop gespeel (33-33) en die derdes het 19-10 gewen.

YOUNG STARS

* Young Stars het Saterdag oor Sandrivier United gehardloop (52-23). Quewin Hendricks (3 drieë), Jaques Kleinhans (2 drieë), Mario Jacobs, Jaques Louw en Riaan Davids was die driedrukkers. Stars B het 17-8 gewen.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za