Leefstylkalender
2010-04-15
* Toneelklub vergader. Die Amateur Toneelklub vergader op Dinsdag 20 April om 20:00 by die Ou Meul-teater in die Paarl. As jy graag op enige manier by die klub wil betrokke raak is jy welkom! Jy het geen teaterondervinding nodig nie. Vir navrae, kontak Vicky Stemmet by 083-564-0056 of stuur ’n epos na vstemmet@gmail.com. * Opskop. Die ACVV Franschhoek hou op 17 April ’n vrolike opskopoggend en damestee by die NG Kerksaal om 09:30. Die immergewilde Daniël de Kock bied ’n blomme-demonstrasie, met verskeie ander aktiwiteite, insluitend gelukkige trekkings. Kaartjies is R50 by die ACVV-kantoor tel 021-876-2670. * VLV Aandtak. Die VLV Aandtak, Paarl vergader op 15 April om 19:15 by Hoofstraat 141, Paarl (hoek van Hoof- en Rozenburgstraat). Pietie le Roux, senior plaasbestuurder van La Motte sal praat oor die verbouing en verpakking van disas sowel as essensiële olies. ’n Demonstrasie van Tussie Mussie word deur Corlia Mouton gedoen. Kontak Charlotte le Grange by 021-863-1944 of by 083-659-6213. * Werkswinkel. ’n Gratis KPR-werkswinkel (lewensredding CPR) word op 24 April deur Paarl Medi-Clinic by die hospitaal aangebied. Twee sessies sal die oggend plaasvind om 08:00 en 11:00. Bespreking is noodsaaklik. Slegs ’n beperkte aantal mense kan geakkommodeer word. Kontak Jacorie Visagie by 021-807-8000 om te bespreek. * Market. The Slaley Sunday farm market will be held on 25 April from 09:00 to 14:00. Come and enjoy the day with fresh food traders in the great outdoors. Contact Eugene (083-656-2678) for enquiries. * Meeting. The Foundation for a Drug Free Society Trust will present a public meeting on 18 April at 15:00 in the parking area of Shoprite in Klein Drakenstein Road, Paarl East. Members of the public are invited to the meeting, which will discuss how to fight the scourge of drugs in the community. For enquiries, contact Arthur Adams on 072-544-7331.
More
News
|