Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere tuimel vroeg in die seisoen

Tiere tuimel vroeg in die seisoen
 
2010-04-15


YOUNG PEOPLES het Saterdag op Eikenfontein die seisoen swak afgeskop toe hulle oortuigend met 40-21 geklop is deur die vlugvoetige span van Hands and Hearts.

Die besoekende Young Peoples was van die staanspoor af op die agtervoet toe hulle reeds binne die eerste tien minute met 21-0 agtergeloop het.

Die Tiere het egter hul man deeglik in die skrums en in die lynstane gestaan.

Peoples, wat die eerste helfte teen ’n baie sterk wind gespeel het, se verdediging was telkemale oorhoops gevang wanneer die agterlyn van Hands & Hearts begin hardloop het.

Die agsteman en kaptein van Peoples, Oswill Thomas, het moedig probeer om sy span in die wedstryd te hou en was beloon met 2 drieë om die telling op 21-6 te staan te bring teen rustyd.

Ná rustyd kon die Tiere egter nie aan die gang kom nie en swak opsies in hul eie kwartgebied was deur die tuisspan uitgebuit en het tot verskeie drieë gelei.

Die Tiere sal ernstig moet werk aan hul verdediging en toewyding indien hulle enige sê wil hê in vanjaar se kompetisie.

Peoples II het 7-24 verloor, Peoples III het 6-8 verloor en die o.20’s het 5-12 verloor.

Saterdag speel Young Peoples op Faurestraat teen Kuilsrivier. Wedstryde begin om 12:25.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za